Sunday, November 7, 2010

Dis die begin!

Wel, hier is `n begin. Die internet is sekerlik die maklikste manier om in kontak te bly met familie die wêreld oor.

By ons familie saamtrek op 11 September 2010 is dit genoem dat die jonger generasie dinge verder moet vat. Ek dink dit is `n enorme voorreg wat voor ons deur gelê is om die bloed wel dikker as water te hou, en om so `n voorreg te laat vaar lê nie in ons nasate van Oupa Koos Venter nie...

So hier is `n begin. Op hierdie stadium weet ek nog nie hoe die pad vorentoe sal loop nie, maar ek vertou dat julle almal sal help om nuuswaardighede hier te sit, fotos sal aanstuur, en allerlei "lief-en-leed" bekend sal maak.

Stuur gerus vir my enige iets wat julle hier wil hê, asook idees van dinge om by ons webruim in te sluit.

Groetnis,
Henk